Catharina Howard

Catharina Howard
Koningin-gemaal van Engeland
Mini-portret deur Hans Holbein die Jongere.
Mini-portret deur Hans Holbein die Jongere.
Eggenoot Hendrik VIII van Engeland
Tydperk 28 Julie 1540 – 23 November 1541
Voorganger Anna van Kleef
Opvolger Catharina Parr
Huis Huis van Tudor
Gebore Omstreeks 1518–1524
Oorlede 13 Februarie 1542
Handtekening

Catherina Howard (c. 1518–1524 – 13 Februarie 1542) was die vyfde vrou van Hendrik VIII van Engeland. Daar is verskeie spellings van haar naam in Engels, soos Katherine en Katheryn. Haar enigste handtekening wat behoue gebly het, spel haar naam "Kathryn", maar dié archaïese spelling word nou selde gebruik.

Die datum van Catherina se geboorte is nie bekend nie, maar word geskat op tussen 1518 en 1525. Sy is op 28 Julie 1540 met Hendrik VIII getroud, feitlik onmiddellik ná die nietigverklaring van sy huwelik met Anna van Kleef. Sy is egter ná ’n huwelik van korter as twee jaar onthoof op aanklagte van verraad omdat sy owerspel gepleeg het terwyl sy met die koning getroud was.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search